Welkom by AGS Randfontein

 

 


 

  Dag                Program                              Tyd

Sondae :

Erediens

09:00

 

Sondagskool

Na diens

 

Tiener Woordskool

Na diens

 

Jeugdiens

18:00

Maandae:

Teologiese Leersentrum

17:00

 

Orkes

19:00

Woensdae:

Omgeegroepe

19:00

Donderdae:

Jeugband

18:30

 

Omgeegroepe

19:00

Vrydae:

Tieners

19:00

                                

Kantoor ure: 09:00 – 13:00

Kantoor nr:  011 692 1165

 

 

Meer oor AGS Randfontein

Ons is ‘n Christelike gemeente geleë in Randfontein. Ons beskou Jesus Christus as ons rolmodel en daarom is Hy die middelpunt van al ons projekte. Ons doel is juis om die gemeenskap bewus van Hom te maak deur middel van ons projekte en aktiwiteite.

 

Ons droom:

Ons Visie : -

Om die mees effektiewe siele-wennende gemeente te wees en mense op te bou tot ‘n volwasse mens in Christus.

 

Ons Missie : -

Om hierdie  droom te bereik moet ons mense ontwikkel om hul volle potensiaal te bereik deur middel van:

 

  ‘n Passie vir God

  ‘n Passie vir integriteit

  ‘n Passie vir mense

  ‘n Passie vir diens

  ‘n Passie vir ons dorp

 

 

U word hartlik na ons gemeente uitgenooi nie net om ons gemeente by te woon nie, maar om betrokke te raak met dit wat u passie is. Skakel gerus in.

Kontak ons by:

Kerkkantoor                                   

kantoor@agsrandfontein.co.za

Pastoor Gerrit Pretorius                    gerrit.pretorius@agsrandfontein.co.za

Pastoor Deon Grobler                      deon.grobler@agsrandfontein.co.za

Pastoor Chrisna Grobler                   chrisna.grobler@agsrandfontein.co.za

 

Ons Pastore:

Past. Gerrit en Leonie Pretorius    Pastore Deon en Chrisna Grobler

Mense is ons passie…

Ons presiderende pastoor, Gerrit Pretorius is ‘n herder soos min. Hy maak erns daarmee om na sy kudde om te sien. Sy vrou, Leonie is ‘n uitblinker in administrasie.

Pastoor Chrisna is aangestel oor die vroue van die gemeente asook die dansers.

Pastoor Deon hanteer die jongmense in die gemeente.

 

Ons kinderhuise:

Raak saam met ons betrokke in die gemeenskap deur ons kinderhuise te ondersteun…

Vir meer inligting klik hier: Huis Eldad

 

Klik hier onder om te sien hoe jy kan bydrae lewer:

 Huis Eldad Donasies        

YADAH Danse

“Dansers wat hulself passievol kan uitleef vir die Here”

Vir dié wat:

*  Hul verhouding met God wil uibeeld deur  

      middel van danse

*  Werk aan hul fiksheid

*  Hul vriendekring wil uitbrei

 

Met meer as 50 dansers wat deelneem is daar ‘n verskeidenheid van ouderdomsgroepe, so iewers sal jy kan inpas.

 

Kontak Past. Chrisna Grobler vir verdere by:

chrisna.grobler@agsrandfontein.co.za

Leersentrum

Ons gemeente het ons eie sateliet-kampus van die Teologiese Seminarium en enige iemand is welkom om by ons in te skakel. Daar word ook verskeie ander opleidings en kursusse aangebied.

Vir verdere inligting klik hier: Leersentrum

 

Beradingsentrum

Ons gemeenskaplike beradingsentrum is ‘n aparte gebou in Randgate waar enigeen wat die behoefte het om met professionele beraders te praat, hier hulp kan kry.

 

Vir verdere inligting klik hier: Berading Sentrum

 

VIC

Die VRIENDE IN CHRISTUS-raad is ons getroude, werkende Jeug en ook ons karavaan-kampeerders. 

 

Hulle kamp een naweek per maand en hanteer sake rakende die getroude, werkende Jeug van die gemeente.

Die Leier is Chris Smith

 

 

Sustersvereniging

Die Sustersvereniging bestaan uit 4 afdelings nl.       

 

*        Begrafniskomitee

*        Bejaardeskomitee

*        Damestees en funksies

*        Verjaardaekomitee

Elke afdeling het ‘n leidster en vise-leidster en ± 30 – 40 lede van die vroue van die gemeente.. Die leidsters vorm deel van die Sustersvereniging wat op hul beurt  maandeliks vergader saam met die ampsdraers. 

Die voorsitter is : Leonie Pretorius

 

 

 

 

Goue Are

Ons bejaardes word die Goue Are genoem.  Daar word maandeliks ‘n uitstappie gereël op ‘n Dinsdag na plekke soos die IMAX-teater, SAUK, ens.  Een maal per jaar  word ook ‘n 5-dag toer gereël na Klein Kariba / Buffelspoort. Die bejaardes word met ons gemeente se busse vervoer en kostes word tot die minimum beperk. 

Die leier is Bennie Bootha

 

 

H2O

Onder leiding van ons Jeugleraar, past. Deon Grobler, word ons Jeugkerk op Sondae en nog baie ander aktiwiteite weekliks aangebied.

Hier word baie moeite gedoen om die jongmense op hul vlak te akkomodeer.  Hulle woon ook massabyeenkomste by, het hul eie orkes en daar word by die verskeie skole ook Godsdiensonderrig aangebied deur ons leiers.

 

Vir meer inligting klik hier: H2O

 

 

 

 

 

 

 

Sondagskool

Ons kinders tot en met  graad 7 woon die Sondagskool en Kleuterkerk by. Die Woord van die Here word op ‘n kinderlike wyse aan ons kinders oorgedra deur sondagskoolpersoneel wat ‘n passie het vir Jesus en nattuurlik ook kinders.

Die Superintendent is Sarie Fullard

 

 

 

Het jy ‘n diens gemis en wil graag die preek hê?

Klik hier: Preke

 

Sel- en Belangegroepe

 

Maandae:

19:00 Voorsangers en  musikante – Burrie Theunissen

Dinsdae:

19:00 Tiener Intersessie groep – Jacolene Herbst

Woensdae:

10:00 Vroue (kerk) – Past. Chrisna Grobler

19:00 Tiener selgroep – Past. Deon Grobler

19:00 Connie Mulderselgroep – Tienie Minnie

19:15 Randgate (kerk) – Ernie Strydom

19:15 Hillside selgroep – Annemarie Wright

19:15 Greenhills selgroep – Dries Scheepers

19:15 Greenhills 2 selgroep – Derrick Viljoen

19:15 Homelake selgroep – Koos de Leeuw

19:15 Culemborg-/Helikonpark selgroep – Tina van der

           Merwe

19:15 Gholfselgroep – Past. Deon Grobler

Donderdae:

10:00 Randfontein selgroep – Charles Beaurain

19:00 Klub Solo – Maureen Van Der Merwe

19:00 Visserman selgroep – Johan Dreyer

19:15 VIC selgroep – Chris Smith

19:15 Gebedsgroep – Theuns Barnard

 

Skakel gerus die kerkkantoor om in te skakel by een van die selgroepe by:    011 692 1165

 

 

Helping Hand Ministries

Hierdie is ons sendingraad wat betrokke is by die ondersteuning van verskeie sending projekte.

Onder andere ondersteun ons:

*  Kagiso AGS gemeente

*  Innercity gemeente

*  Woord vir die wêreld

*  Bibles for Believers

*  ‘n Sendeling, Elmoreen De Koker in Suriname

*  Febaradio

*  Die krisis in China

*  Jaarliks word daar ‘n sendingkonferensie gehou

Vir meer inligting klik hier:  HelpingHands

Pastoor Gerrit vat die leiding hier.

Ons bankbesonderhede is:

ENB (eerste nasional bank) Randfontein

TaK: 250341

Rek.: 51260031319

AGS van SA Randfonteingemeente

 Ons gemeente het ooknou sy eie huis vir bejaardes begin. Vir meer inligting, klik hier:

 

El Shaddai Huis Vir Bejaardes

                       

 

 

 

 

 

 




Check here for die and further information concerning ons
Content uploaded by Go FTP FREE