Go to content

Main menu:

AGS Randfontein


Afdelings

SONDAGSKOOL

Ons kinders tot en met graad 7 woon die Sondagskool en Kleuterkerk by. Die Woord van die Here word op ‘n kinderlike wyse aan ons kinders oorgedra deur sondagskoolpersoneel wat ‘n passie het vir Jesus en nattuurlik ook kinders.

Die Superintendent is Antonie



YADAH DANSE

Dansers wat hulself passievol kan uitleef vir die Here...

Vir dié wat:

• Hul verhouding met God wil uibeeld deur middel van danse
• Werk aan hul fiksheid
• Hul vriendekring wil uitbrei

Met meer as 50 dansers wat deelneem is daar ‘n verskeidenheid van ouderdomsgroepe, so iewers sal jy kan inpas.

Kontak Past. Chrisna Grobler vir verdere by chrisna.grobler@agsrandfontein.co.za



SUSTERSVERENIGING

Die Sustersvereniging bestaan uit 4 afdelings naamlik:
• Begrafniskomitee
• Bejaardeskomitee
• Damestees en funksies
• Verjaardaekomitee

Elke afdeling het ‘n leidster en vise-leidster en ± 30 tot 40 lede van die vroue van die gemeente. Die leidsters vorm deel van die Sustersvereniging wat op hul beurt maandeliks vergader saam met die ampsdraers.

Die voorsitter is Leonie Pretorius.


GOUE ARE

Ons bejaardes word die Goue Are genoem. Daar word maandeliks ‘n uitstappie gereël op ‘n Dinsdag na plekke soos die IMAX-teater, SAUK, ens. Een maal per jaar word ook ‘n 5-dag toer gereël na Klein Kariba / Buffelspoort. Die bejaardes word met ons gemeente se busse vervoer en kostes word tot die minimum beperk.


VIC (Vriende In Chrisrus)

Die VIC-raad is ons getroude, werkende Jeug en ook ons karavaan-kampeerders. Hulle kamp een naweek per maand en hanteer sake rakende die getroude, werkende Jeug van die gemeente.

Die Leier is Chris Smith.

Designed by A.Hoffmann Freelance Graphic Design

Back to content | Back to main menu