Welsyn
HELPING HANDS MINISTRY
Wie ons is?
Die doel van Helping Hands Ministries is om wêreldwyd betrokke te raak met sending aktiwiteite.
Hand. 1: 8 “... maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde”
Waar is ons betrokke?
Onder andere ondersteun ons:
• Kagiso AGS gemeente
• Innercity gemeente
• Woord vir die wêreld
• Bibles for Believers
• ‘n Sendeling, Elmoreen De Koker in Suriname
• Feba Radio
• Huis Eldad
Woord vir die wêreld & Bibles for Believers
Ons glo daarin dat die Woord van God op so veel maniere moontlik versprei moet word. Daarom ondersteun ons organisasies wat die Bybel (Woord van God) versprei.
Kagiso AGS Gemeente
Kagiso AGS gemeente is een van Randfontein AGS se eerste sending projekte onder leiding van Past. Pretorius. In 2006 is daar ‘n gebou in Kagiso gehuur en ‘n voltydse pastoor Lebo Masiloane is daar beroep. Die gemeente het alreeds gegroei tot meer as 100 lidmate.
AFM Innercity Assembly
Randfontein Innercity Gemeente het in 2007 tot stand gekom weereens onder leiding van Past Pretorius. Hierdie gemeente is geleë in die hart van die dorp. Daar word beweer dat die area waar die kerkgebou is, die dwelm mekka van Randfontein is. Ons voel dan juis dat dit die plek is waar die kerk moet wees. Mag God se Gees die mense in daardie gebied se harte radikaal verander.
Huis Eldad
Huis Eldad is die naam van twee ten volle toegeruste pleeghuise geleë in Randfontein. Ons huisves twaalf weeskinders, waarvan die meerderheid met die HIV-virus besmet is. Ons doel is om vir hierdie voorheen verwerpte kinders ‘n huis van liefde en sekuriteit te gee, sodat hulle ook ‘n kans op ‘n normale lewe kan hê.