Go to content

Main menu:

AGS Randfontein


Jeug (H2O)

H2O Logo

Onder leiding van ons Jeugleraar, Past. Deon Grobler, word ons Jeugkerk op Sondaeaande en nog baie ander aktiwiteite weekliks aangebied. Hier word baie moeite gedoen om die jongmense op hul vlak te akkomodeer. Hulle woon ook massabyeenkomste by, het hul eie "band" en daar word by die verskeie skole ook Godsdiensonderrig aangebied deur ons leiers.


Waarvoor staan H2O?

H2O is die wetenskaplike term vir ‘water’. In Joh 4v14 praat Jesus van die water wat Hy vir ons sal gee: dit sal in ons wees ‘n fontein wat opborrel en die ewige lewe gee. Elke lid van H2O jeug verteenwoordig hierdie water/lewe. Omdat Jesus daardie water gee, streef elkeen om meer soos Hy te word. Ons maak juis ons naam H2O sodat ons elke dag herinner kan wees dat ons hierdie ‘borrelende water’ aan ons medemense moet gee.

Ons glo dat dit lekker is om Jesus as jongmens te dien…


Wanneer sien ons mekaar?


Sondae aande by ons jeugdienste 18:00
Dinsdae by intersessie 19:00
Woesdae by sel 19:00
Woensdae & Donderdae by die skool “vrek vroeg”
Vrydae by ons socials 19:00
Sondae by Woordskool Na Die Oggenddiens


Wat gebeur Sondaeaande?

Awesome tye… Ons sondae aande dienste word aangebied in ‘n baie cool en funky manier. Almal, oud en jonk is BAIE welkom. Hier ervaar ons dinge gebeur op ‘n ander manier, soos hoe jy jouself met alle vryheid kan uitleef in aanbidding. Selfs die ouer ooms en tannies spring, dans en gaan te kere vir die Here.

As jy nog nie self kom kyk het wat hier gebeur nie, het jy alreeds BAIE uitgemis !!!

Hoop ons sien jou binnekort…


Projekte en Aktiwiteite

Ons bied ‘n wye veskeidenheid van projekte en aktiwiteite

• Jeugdienste sondaeaande 18:00
• Selgroepe op dinsdae en woensdae
• GO by skole
• Vrydaeaande socials
• Kampe
• Uitreike
• Jaarlikse Battle of the Bands (Sound the Trumpet)


Diensjaar

Wil jy graag net so jaar of wat ‘n breek vat na skool voor jy met die res van jou lewe begin? Hoekom gebruik jy nie die jaar en werk vir die Here net om dankie te sê dat Hy jou deur jou skool loopbaan gehelp het nie.

Dit kan vir jou die hupstoot ervaring gee wat jou sal rat vir jou toekoms…

As jy graag wil inskakel of selfs net vrae het, kontak Past. Deon Grobler by deon.grobler@agsrandfontein.co.za
Of "join" ons op facebook - http://www.facebook.com/H2O4Jesus


Nuus

Designed by A.Hoffmann Freelance Graphic Design

Back to content | Back to main menu